Weddings and Functions

DIE WILDEVY WEDDINGS AND FUNCTIONS

Met die natuur as getuie en met jou vriende deel jy die vreugde van ‘n Sprokie Bos Troue. Onder die Wildevy beloof jy jou ewige trou aan jou geliefde en jul  lewenspad  begin in ‘n pers laventel laning.

 

Vanaf ‘n fyn feetjie troue tot ‘n egte aardse Bos troue kan ons jou bied.  Met linte en fyn kant, feetjie ligte, blomme en sagte musiek kan ons die bos omtower of ons kan die bos vir jou gee net soos die natuur dit gemaak het……. Gebreekte sonlig, singende voëls, bosagtige plantegroei ‘n natuurlike boskerk.

 

Saam met vriende en geliefdes kan jy dans, kuier en eet in ons grasdak onthaalarea met pragtige boomstompligte en gladde dans vloer.  Om swaar kiaat tafels sal jou vriende kan kuier tot 2 uur in die oggend of nabetragting hou om ‘n groot “bonfire” net buite op die grasperk.     

 

Die gekombineerde hout en staal tafels en stoele kan bedek word met tafeldoeke of netso gebruik word vir die “rustic” voorkoms.   Met die swaar boomstomp groepligte wat vanuit die dak hang  is dit klaar ‘n jeuglike okasie ….. jy moet net jou musiek en idees bring dan hou ons vir jou ‘n droomtroue.

BOS KERKIE EN ONTHAAL AREAS

‘n Slingerpaadjie lei jou na ‘n natuurlike boskerkie waar jou gaste op klipbankies in jou geluk sal deel en die Wildevy boom sal instaan as ‘n groot skaduwee getuie. Omring met woudagtige plantegroei en groengras is hierdie mooi koepel kerkie.

By ‘n niervormige dammetjie sal foto’s hierdie gebeurtenis verewig in die bos. Na die seremonie kan julle afstap in ‘n laventel wandellaan tot in ‘n pragtige tuin onder ‘n reuse Wildevy boom waar die voorgereg bedien kan word asook ‘n hele tuintroue kan plaasvind.


Ons het 2 onthaal areas:

Onthaal 1:

‘n Pragtige tuin onder ‘n reusagtige Wildevy boom wat lewse kry in die aand met beligting. Julle kan dans onder ‘n sterrehemel en ‘n “bonfire” vervolmaak hierdie informele samesyn.


Onthaal 2:

In ‘n 230m² grasdak gebou met pragtige boomstomp belingting en swaar houttafels en stoele kan ons ‘n formele of informele sprokie onthaal hou.

SPYSENIERING

Daar is geen “fixed” menu of besliste reëls nie.  Elke paartjie se kos smaak word gekombineer in ‘n feesmaal.  Hier by Die Wildevy is ‘n buffet ete nie net ‘n opskeppunt nie. Ons begin onder die wildevyboom met ‘n voorgereg terwyl julle die oomblik op film vaslê.  Hier is dit ‘n oop menu vanaf tuisgebakte warm broodjies, tuisgemaakte konfyt, biltong, patees, kaasborde,vrugteborde tot fyn vingerhappies wat deur kelners rond gedra word.  Hier by Die Wildevy word jou gaste getrakteer op van die beste vleissnitte gaargemaak met groot sorg en kennis.  Met 4 vleissoorte, 2 stysels, 8 groentes en slaaie sal elke gas by die troue se smaakkliere geprikkel word. Om hierdie feesmaal af te sluit sal daar ‘n buffet van nageregte wees wat die laaste gedagte van jou Trou Menu sal aanneem en jy wil hê dit moet ‘n soet gedagte wees.  Ons kan vir jou ‘n “sweets” tafel gee met tuisgemaakte lekkers wat jou kleur skakering onderstreep of ‘n poeding tafel voorsit met outydse skilferkors melktert, appeltert, karamel malvapoeding, die mooiste jellies, wortelkoek, fluweelkoek, tuisgemaakte roomys en nog baie meer.

WITTEBROODSUITE

Ons asemrowende wittebroodsuite is iets wat jy nie moet misloop nie.


Dit sluit in:

 – Ontbyt

 – Wit lakens

 – En suite-badkamer met ‘n bad

 – Koffie / tee stasie

We would love to meet

you and discuss your dream day!

 

Die Wildevy team will

ensure that your day will prosper!

 

Book a viewing now!

Contact Us

Die Wildevy

-25.719850, 27.768367

Brits, R104
Tel: 082 411 3903
Email: info@diewildevy.co.za