Die Wildevy Padstal

Ons is al 20+ jaar besig om heerlike Boerbrode, Pasteie, Konfyte en allerleilekkernye te maak. Slegs vars gebak sal jy hier kry.

PRODUKTE

HEUNING

Heuning is een van die unieke produkte wat Die Wildevy Padstal jou kan bied. Ons oes dit self by ons eie byekorwe. “It is the real thing!”

KONFYTE

Outydse konfyte wat jy nie in die winkel kan koop nie – soos Vye konfyt, Makataan, Moerbei konfyt, Tamatie konfyt en Perske snipper konfyt sal jy hier kry.

BOERBROOD

Elke dag vars gebakte Boerbrode sal jy hier kry.

PASTEIE

Ons wildsvleis, maalvleis, hoender en kerrie wildsvleis pasteie is eie aan die Wildevy Padstal. Jy kan gevriesde pasteie huistoe vat en vanaand ‘n heerlike vars gebakte pastei saam slaai as aandete geniet.

KOEKIES

Vir die soettand is daar altyd iets lekkers soos ons Outydse jamtertjies met baie jam. Dit is altyd ‘n wenner! Koffiekoekies, vlakoekies, outskoekies en nog baie meer kan jy jou koekblik volmaak.

BESKUIT

Outydse Boer anys beskuit is ‘n wenner en vir die fyn proewer het ons ook karringmelk beskuit.

Contact Us

Die Wildevy

-25.719850, 27.768367

Brits, R104
Tel: 082 411 3903
Email: info@diewildevy.co.za